Tuisblad

Webwerf,Wat jy moet weet
Voordele van 'n webwerf

Ons tegnologie
Die Parte van jou webwerf
Die kostes van 'n webwerf

Ekstras

Bemarkings oplossings
Kliente sorg oplossings
Werknemer oplossings

'n paar webwerf voorbeelde
Gratis sms program
Koop sms'e
SMME finansiering
Buitelug alarm stelsel

Admin
Kontak ons
ITD Werksgeleenthede

Bemarking word 'n plesier as jy 'n webwerf in jou arsenaal het. Voornemende kliente in die Kaap kan in 'n oogwink jou produkte, diere of dienste deurkyk al bly hy in pretoria. Veeboere, stoetboere en telers van alle afdelings, kan hulle diere permanent op skou hê en nie net vir daardie paar dae van landbou skoue nie, en dit is ook nie naastenby so uitmergelend nie. Besighede en boerderye kan duisende rande spaar aan gedrukte materiaal. Jou webwerf raak ook nie klaar nie en hoef net een keer gebou te word.

Waarmee jy jou webwerf interesant kan maak.(kliek gerus op die voorbeelde dit sal jou nie weg van die blaai af vat nie)

Gallerye:
Dit is soos 'n foto album, en wys klein fotos op jou webblad wat dan in die selfde blad vergroot as jy op hom kliek.   voorbeeld

Skyfie vertonings en videos:
Fotos wat een na die ander roteer om 'n groot verskeidenheid produkte ens aan die klient vertoon. Alles op een blaai. Daar is 'n groot verskeidenheid style waarvan u kan kies.  voorbeeld

Flash banners en intro's:
Dit is woorde met animasie, het baie trefkrag en trek baie aandag.   voorbeeld

Tickers:
Dit is 'n blokkie waar die boodskap die heeltyd verander. bv Jou kontak besonderhede. eers telefoon nommer, dan faksnommer, dan Epos adres ens. Of spesiale aanbiedinge, een na die ander.voorbeeld

Kontak blaaie:
Waar kliente u direk van die webwerf af kan Epos. U kry ten minste 5 Epos adresse saam met die kleinste gasheer pakket en kan u veskillende navrae na verskillende afdelings stuur.

Google kaarte:
Waar die klient na u ligging kan kyk en dan die Gps inligting direk na sy gps kan aflaai om sodoende u plek makliker te vind. die kaart het ook 'n sateliet funksie en skakel ook direk op u webblaai met google earth om enige plek op aarde te besoek.voorbeeld

GPS
Ons lys u boerdery of besigheid vir u as 'n (POI) "point of interest" met die Suid Afrikaanse gps vervaardigers en kom dit dus op, as 'n klient na iets soortgelyks op die gps soek.

Pakkie opsporing:
Ons kan vir u 'n funksie inbou waardeur u of u klient direkte navraag kan doen oor waar 'n pakkie wat deur u versend is trek, en wat sy verwagte tyd van aankoms is.

Opdatering:
Ons doen enige onderhoud en opdatering aan u webwerf teen baie billike tariewe.

In die wereld van programmering is bykans enige iets moontlik. Vra net en ons sal vir jou, jou droomwerf skep.