Tuisblad

Webwerf,Wat jy moet weet
Voordele van 'n webwerf

Ons tegnologie
Die Parte van jou webwerf
Die kostes van 'n webwerf

Ekstras

Bemarkings oplossings
Kliente sorg oplossings
Werknemer oplossings

'n paar webwerf voorbeelde
Gratis sms program
Koop sms'e
SMME finansiering
Buitelug alarm stelsel

Admin
Kontak ons
ITD Werksgeleenthede

Die top 10 voordele vir jou besigheid.

1. Verbreed jou kliente basis.
Daagliks wend meer en meer mense hulle tot die internet vir hulle besigheids oplossings. Of dit nou navorsing is oor potensiele kontrakteurs, Diensleweraars of 'n produk, die internet stel besighede aan mense bekend waarvan hulle nooit sou geweet het nie.Nou kan mense in die kaap bv. leer van dienste wat 'n maatskappy in pretoria lewer met die kliek van 'n muis. 'n eie webwerf  stel u besigheid aan nuwe kliente bekend en help om hulle te behou.

2. Leer verbruikers van jou Besigheid.
Miljoene verbruikers doen daagliks navraag oor 'n produk of diens op die internet. As jou besigheid 'n webwerf het, word jy deel van daardie mark en kan jy jou kliente inlig oor dienste en produkte wat jy lewer, wat jou onderskei van jou kompetisie ens. 'n Webwerf maak voornemende kliente gemaklik met jou besigheid nog voor hy jou kontak of besoek.

3. Verhoog Kliente vertroue.
Kliente kan baie sê van 'n besigheid net na aanleiding van u webwerf. 'n webwerf laat u kliente weet dat u ernstig is oor besigheid.

4. Effektiewe promosie en bemarking.
'n webwerf is 'n lae koste ,effektiewe manier om u besigheid te bemark. Televisie en die gedrukte media is goeie maniere van adverteer maar is dikwels te duur en bied nie altyd genoeg informasie in die beperkte spasie of tyd nie. 'n webwerf het nie tyd of spasie beperkings nie en daar is geen haas om die inligting oor te dra nie.U webwerf tref u teiken mark op die mees effektiewe manier. mense wat roomys wil koop soek nie na inligting oor biltong nie. anders as TV waar u dalk u duur advertensie aan miljoene vertoon en slegs 1% kan hulle vereenselwig met u produk. U mis nie die teiken nie!

'n webwerf kan u meer kliente besorg as enige ander manier van adverteer.

5. 24 uur internasionale teenwoordigheid.
verbruikers benodig informasie 24 uur per dag. U webwerf is altyd daar, dus kan kliente inligting bekom op eie tyd en tempo. 'n webwerf  laat jou kliente voel dat jou besigheid altyd daar is vir hulle.

6. Hou jou kliente op datum.
Verbruikers voel meer gemaklik om besigheid te doen met 'n besigheid wat aan hulle bekend is. Dit is belangrik om jou kliente op datum te hou met die nuutste nuus, dienste en produkte. 'n webwerf is die ideale manier om kliente op hoogte te hou van spesiale aanbiedinge of verkope wat op sy beurt omset opstoot.

7. Verbeter kommunikasie met u kliente.
'n webwerf verbeter kommunikasie tussen jy en jou kliente. Baie kere is 'n klient geintereseerd in iets op jou website maar voel ongemaklik(wil nie dom klink) of is sommer te lui om te bel. statistieke wys dat webwerwe met epos reaksie blaaie maak dat mense hul navraag 20 maal eerder doen.

8. Bly 'n tree voor jou kompetisie.
Die internet se populariteit en die besef van sy waarde is die grootste groeipunt op aarde op die stadium en verbruikers groei aan teen miljoene daagliks. Besighede met 'n webwerf het 'n groot voordeel bo hulle kompetisie, nie net 'n breër kliente basis nie, maar u besigheid lyk meer proffesioneel en gevestig.

9. Bied volgehoue ondersteuning aan kliente
Jou webwerf is 24 uur per dag daar om na kliente behoeftes om te sien. 'n Bladsy wat die vrae en antwoorde bevat, wat die meeste deur u kliente gevra word, kan sy probleem oplos sonder dat hy u hoef te kontak.

10. Verbeter kliente verhoudinge.
Die gerief van 'n webwerf verbeter produktiwiteit en spoed. Om 'n diens of produk in minder tyd te lewer stel altyd 'n klient tevrede.

Dit neem maande om 'n goeie klient te wen, maar sekondes om een te verloor. maar 'n tevrede klient verloor jy nie maklik nie.

 

© Information and Technology distribution. ITD 2010